Sunday 4 November 2012

Portuguese Beef Trinchado

Ek maak dit toe Venson Trinchado....net so lekker, souserig en spicy, maar minder ryk.
1 kg prima vleissnit, in blokkies gesny
1 groot ui, dun gesny
50 ml Worcestersous
1 koppie goeie rooiwyn
...
1 gekneusde knoffeltoon
1 lourierblaar
sout en peper na smaak
1 teelepel paprika
2 tot 3 klein, rooi rissies, gekap
3/4 teelepel koekmeelblom
botter en olie om in te braai
hoenderaftreksel

Maak 'n marinade:
met Worcestersous, knoffel, wyn, sout, peper, paprika, rissies en lourierblaar.
Roer die vleisblokkies in marinade en bedek met kleefplastiek.
Laat oornag in die yskas. Dit verseker dat die vleis sag is en die geure in die marinade goed in die vleis intrek.
Verhit van die botter en olie en soteer die uie oor matige hitte tot sag en deurskynend.
Haal die vleisblokkies uit die marinade en dreineer. Sprinkel en bedek die vleis met koekmeelblom en braai vinnig in olie oor hoe hitte tot bruin.
Voeg die gesoteerde uie en orige marinade by die vleisblokkies, verlaag die hitte, voeg klein bietjie aftreksel by om 'n sous te vorm, meng goed en laat prut vir ongeveer 20 minute.
Vul die sous met aftreksel aan indien nodig.
Die sous word dik van die meel waarmee die vleisblokkies bedek was.
Bedien met 'n lekker hardekors brood sodat jy die sous in jou bord met brood kan uit- en opvee.

No comments:

Post a Comment