Monday 27 May 2013

Soetpatats met brandewyn




Bestanddele:
450g Patats
2el Heuning
Koppie Brandewyn
... 3el Bruinsuiker
5el Broodkrummels
Gerasperde Lemoenskil
Botter
Knypie sout

So Gemaak:

1. Kook patats in sout water vir 15 min. Sny in skywe en plaas in gesmeerde oondpan.
2. Meng heuning met koppie brandewyn en giet oor patats.
3. Meng bruinsuiker, broodkrummels en lemoenskil saam , strooi dan bo-oor patats
4. Sit klontjies botter op en bak in matige oond tot goudbruin.
@*boerekos.com*

foto:www.jemangelaville.com


Monday 13 May 2013

Lande Ferreira


Na dat sy die kursus bygewoon het vra Lande my hoe sy gedoen het met haar dis by die huis. Great om van jou te hoor!

Wednesday 8 May 2013

Onlangse kurses

DANKIE NATIA, ons het dit net so baie geniet.

jp safari company  logo copy


Ek wil net Baie-Baie dankie se vir ‘n “AWESOME” kursus – Ek het geweet dit gaan lekker wees, maar nooit gedink ek sal dit SO geniet nie!!!! Ek maak almal mal om my – wil net vir almal vertel van ons “Great” Tyd!!!!!!


Het vir my Amerikaansie kliente “Springbok Shanks” op die menu vanaand en more ‘n “Ontbeende Springbokboud in Karringmelk Marinade”!!!!


Baie dankie Weereens!!!!


Groete

Natia
 
Tel/fax: 011 -27-4228-30832
Cell : 011-27-829299240
Fax: 011-27-866835263

Tuesday 7 May 2013

Springboktjops(chops)!

Bedien met Vinnaigrette van geroosterde knoffel, 2 anchovies, 3 capers, rooi wynasyn, olyfolie en pietersielie. Glo my, dis HEERLIK. Met my oe gesteel van die vloekende chef op eenvan die televisiekanale. Die chops met new potatoes en die heerlike gevyselde "slaaisous".

Tuesday 16 April 2013

Semelbeskuit.

Vir Charmaigne Bezuidenhoudt in Auckland Nieu Zeeland. Op aanvraag van die Vetmuis Plaaskombuis op Richmond, Noord Kaap.

Semelbeskuit.
1 kg Bruismeel 500 ml bruinsuiker
500g margarien
325g semels
5 ml sout
1 liter room of helfte room en helfte ingedampte melk
Meng die bruismeel, semels, suiker en sout
Frummel die smeer in die meelmengsel totdat soos fynbroodkrummels lyk
Voeg die room by en meng goed.
Verdeel die deeg in die helfte en druk eweredig met 'n spaan in twee rolkoekpanne.
Sny die deeg in 2 x 6 cm vingers
Bak vir 45 minute by 180 grade tot ligbruin en gaar.
Keer versigtig op draadrak uit en laat afkoel.
Wanneer koud, gebruik 'n vurk en steek op die snymerke, breek die beskui8tvingers los van mekaar.
Droog uit.

Daar is baie ander lekker beskuitresepte.

'n Engelse een wat meer gesond is.
1,5 kg self raising flour
15 ml salt
15 ml baking powder
250g seedless raisins, optional
10! cups bran
500 ml apricot yoghurt
1 liter
milk
3 cups brown sugar
500g melted margarine

Mix everything together. Place in 3 long breadpans. Bake for 1 hour at 180 degrees C. Cut or brake into rusk sized pieces. Break open and allow to dry. OR use same method as for Afrikaanse semelbeskuit as above.

Tuesday 9 April 2013

Kweperjellie.


Skil die kwepers en kook die skille, pitte en klokhuise in genoeg koue water. Voeg suurlemoensap of 'n knippie wynsteensuur by kwepers. Vir die smaak. Kook die vrugtestukke apart vir vrugtesmeer. Syg die gekookte moes deur 'n klam flenniedoek. Laat die sap vrylik deurvloei, moenie roer of druk nie, anders het jy troebel jellie! Toets die sap om die pektien inhoud te bepaal en bereken dan die hoeveelheid suiker. :
Drup 'n half teelepel sap en 10 ml brandspiritus. Moenie roer nie. Let op die styfhied van die jellieklont wat gevorm word. 1Koppie suiker vir 1 koppie water as een stewige jelliedruppel vorm. 200 ml suiker by 1 koppie sap as 2 apart jellie stolsels vorm.
Roer goed om die suiker op te los. Vir 'n helder jellie: Laat net opkook en sygvir 'n 2e maal deur. Kook matig vinnig , sonder om te roer, tot jelliestadium. Kyk hoe die stroop van 'n houtlepel drup. In die begin sal dit soos 'n dun stroop aftap, later sal dit in 'n lagie of in vlokke van die lepel drup. Dan is die jellie gereed om gebottel te word. Skuim gedurig die jellie af.

Wednesday 3 April 2013

VETMUIS PLAASKOMBUIS



Dagbreek TV, KykNet, 5 geregte berei. VETMUIS PLAASKOMBUIS op Richmond, Noord Kaap. GROOT KAROO. Vir kookdemonstrasies, nie vleisverwerkingskursussse, annatjie.r@vodamail.co.za. Groepe van tot 10 vroue.

Heerlike Sosaties: Marinette


 

‘n ongeveer 2kg skaap –of wildsboud in 2.5 cm blokkies gesny.  Gebruik goeie kwaliteit vleis.

30 ml vars suurlemoensap

7 ml sout

 7 ml fyn swartpeper

1 groot ui, fyn gerasper

4 groot uie, in kwarte gesny en effens sag gekook

Meng die suurlemoensap, sout, peper en gerasperde ui en roer die vleisblokkies daarin.  Roer die effe saggekookte ui liggies by.

Maak ‘n kerriesous:

Meng die volgende bestanddele saam en prut vir 5 minute, roer gereeld:

15 ml borrie

15 ml maizena

15 ml kerriepoeier

40  ml bruinsuiker

2 ml fyn swartpeper

50 ml appelkooskonfyt

5o ml vrugteblatjang

die gedreineerde pynappelsap

200 ml bruin wynasyn

Laat die mengsel koud word en gooi oor die vleisblokkies.  Laat in yskas vir tot 6 dae.

Ryg sosaties in: vleisblokkie, ui, pynappelstuk.  Herhaal.

Lewerkoekies: Marinette Viljoen


 

500g skaaplewer

Stukkie van die netvet

1 groot ui

2 eiers

1 t sout

Knippie fyn witpeper

Knippie gerasperde neutmuskaat

8 eetlepels, 8x15 ml, koekmeelblom

3 teelepels,  3 x 5 ml, bakpoeier

Maal die lewer, netvet en ui.

Voeg geklitste eier, sout, peper en neutmuskaat by.

Meng laastens die koekmeelblom en bakpoeier by en meng deeglik.

Bak lepelsvol in warm, vlak olie.  Braai tot gaar en weerskante bruin.  Dreineer op kombuispapier.

Bedien warm op geroomde kapokaartappels met tamatiesous en sprietuie.  Of met vars brood , tamatie en roereier.

Tuesday 26 March 2013

Heerlike tamatie pastasous resep

Baie ryp tamaties in die tuin... Om te bottel vir die maer wintersmaande!! Om te gebruik in Moussaka met skaapmaalvleis, of as pastasous oor klein wildsfrikkadelle op pasta of geroomde kapokaartappel. Braai 2 fyngekapte uie tot sag en deurskynend in olyfolie en 2 gekneusde knoffeltone. Voeg 750g ryp, ontvelde, gekapte tamaties, 80 ml tamatiepasta, 15 ml bruinsuiker, 40ml vars gekapte basielblare en 20 ml vars oreganumblare by. Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak. Prut vir 20-30 minute met die deksel af tot vloeistof verminder en sous lekker dik is. Verpulp en bottel. Proe sous voor bottel. Geur met eksta sout, peper, suieker of kruie. Nog tamatiepuree by indien verkies.

Lewer en niertjies

Die lewer van skaap, bees en wilds is ryk aan yster en vitamien B. Lewer moet 'n egalige kleur he en ferm wees. Die kleur hang af van die soort lewer en die ouderdom van die dier. Doop lewer in kookwater voordat dit bewerk word, dan hanteer dit makliker en kan die vliese en groter aarwande verwyder word. Week lewer 2-4 ure lank in 'n suur vloeistof soos asyn, suurlemoensap, dikmelk of karringmelk. (Verdun asyn en suurlemoensap met water.) Smaak word so verbeter. Voordat lewer gemaal word, laar vir 'n paar minute in kookwater week sodat dit makliker hanteerbaar is.

Thursday 14 March 2013

Stoom cooked salami's in die kombuis.

'n Klein kommersiele roker. Op die gasplaat, water onder in, die gerookte salami's op die draadrakkie bo die watersodat hulle kan stoom tot 60 grade. Vir die foto is die deksel afgehaal sodat die temperatuur gelees kan word.

Springbokrugstring

Dit is te baie warm om voor die stoof te staan en kos maak. Vinnige springbokrugstring steak op die kole. Sirloin steak. Baie lekker sousie daarmee saam, ook vir die gebakte aartappel bykos. Peperwortel(horseradish)roomsous.:
200ml elk bulgaarse joghurt en suurroom. 80 ml geroomde peperwortel. Opsioneel, 40 ml fyngekapte, vars koljanderblare.
Meng die joghurt, suurroom, peperwortel en koljanderblare. Gerasperde suurlemoenskil by die sous is heerlik. Geur met sout, gemaalde swartpeper en knoffel na smaak. Marinering is opsioneel. Moenie 'n marinade gebruik met sterk geurmiddels nie.
Geur die vleis met sout terwyl jy braai. Maak ALTYD wildsteaks lig tot mediumgaar.

Wednesday 6 March 2013

Chilli bite gesprek

Is daar 'n mengsel wat tuis aangemaak kan word vir Chilli bites? Of gebruik almal maar die kommersieele mengsel? Ek wil graag weet. Kom ons praat hieroor asb.?

Alet Mostert Erasmus Kyk wat daarin is en meng dit self!! Dis maar wat ek doen, eksperimenteer so bietjie, ek bly maar altyd weg van goed met msg in, dit gee wel geur, maar het 'n baie negatiewe konitasie.
 
Annatjie Reynolds Gee msg wel geur, of is dit net preserveermiddel? Soos bv salpeter in beesbitongmengsel wat kleur effek het? msg het baie negatiewe konnektasie, veral in organiese produk soos wildsvleis. Nik Naks MOET msg he(kappie)! Dankie Alet, jy's slim. Gaan dit doen en laat weet.

Alet Mostert Erasmus Ja msg gee geur en dis 'n preserveermiddel, dis hoekom aromat so lekker smaak!!
 
Annatjie Reynolds Alet, Ingredients: Salt, Dextrose, Spice and Spice Extracts, Flavourants, Preservative Potassium Sorbate. Ek kan daar niks uit wys word nie. Ek skat as ek die gewone sout, peper, bruinsuiker, koeksoda roete volg en ek sit chilli poeier by, behoort dit te werk. Paprika/rooipeper?

Annatjie Reynolds Charlene, jou lekker soutmengsel. Kan jy hier aan'n plan dink.
 

Annatjie Reynolds Pieter en Esi, die naam wat julle gesoek het, is Zeal. Blykbaar wat die Namibiers in hulle wors gooi. Ek ken dit as kommersiele sagmaakmiddel vir vleis. Gaan gou proe of dit na iets smaak. Gebruik dit nooit, maar het gaan koop nadat ons daaroor gesels het.

 
Annatjie Reynolds Zeal is meat tenderizer. Met suiker,sout, sodium , groente olie, potassium. Interessant, bevat die ensie m papaien. Dit is 'n ensiem in papaja , kry dit ook in pynappel, brommelien, dink ek, om vleis natuurlik te versag. Baie wildsteak resep met bv. sous van pynappel of 'n heel stuk pan geroosterde pynappel op die vleissnit..
 
Het hierdie op Facebook groep begin, 'comment' asb hieronder of neem deel op Facebook? http://www.facebook.com/#!/groups/246353155459991/


Monday 25 February 2013

Wildswors

Vir die ouens met nog baie wildsvoorkwartvleis in die vrieskas.

 ( Die prime cuts braai ons mos nou in die somer. )

2 kg wildsvleis,  gebruik goeie kwaliteit vleis gesny uit voorkwartvleis.
1 kg vet skaapvleis, gebruik die lieste en ribbetjies wat vet is.  Ook die blaaie vir vet skaapvleis.
50 ml geskroeide, gemaalde koljandersade   
 2 ml fyn naeltjies
2 ml gerasperde neutmuskaat
25 ml sout
5 ml varsgemaalde swartpeper
500g vet varkvleis
100 ml bruin druiweasyn
 Sowat 90g goeie kwaliteit derms.

 
 
Berei eers die kojander deur dit te sif, te maal en te skroei. Sny vleis in 50mm blokkies en meng  met die speserye, geurmiddels en asyn. Maal die vleis. Maak bietjie van die maalvleis gaar en PROE .

Stop die derms met die mengsel.

·         Vir kompetisiewors word die vet varkvleis vervang met varkspek.  Die koue varkspek in klein dobbelsteentjie grootte gesny en dan  met die asyn  liggies deurgeroer  NADAT  die vleisblokkies gemaal is.

·         Hierdie maat is heerlik, want dit maak net 3,5 kg wors wat nie lank in die vrieskas gaan wees nie.  Smaak van gevriesde, gepreserveerde  produkte intensifiseer.  Klaargemaakte wors moenie te lank gevries word nie. 

·         Moenie wildswors lank en droog braai nie.

·         Die traditionele  dik boerewors derms is baiemaal taai.  Ek koop  “can 26/28” hanks.

·         Geniet.

Om wors te maak gebruik die diklies van die boud,nare naam!, of voorkwartsnitte. Rib, nek.

Dun droeworsies op die foto

Wednesday 20 February 2013

Snitte


Hol bruinbrood vetkoeke




10g droee kitsgis
50 ml suker
10 ml sout
... 750 ml bruinbroodmeel
750 ml koekmeelblom
500 ml sterk louwarm water
60 ml margarien

Meng die droeee bestanddele en vryf die margarien met vingerpunte in die meelmengsel.
Roer die vloeistof by en KNIE GOED TOT ELASTIES. Dit is 'n sagte deeg.
Bedek en laat op 'n warm plek rys tot dubbeld die volume. ongeveer 3/4 uur.
Knie liggies af, rol uit tot ongeveer 1cm dik. Of dunner!
Braai in diep olie, draai net een maal om, tot ligbruin en gaar.
Die vetkoeke is hol binne om 'n vulsel van jou keuse in te sit.

Meng al die droee bestanddele. Vryf smeer met vingerpunte in die meelmengsel

Wednesday 6 February 2013

Pekel van vleis


Pekelbestanddele:

 Sout:  bewaar. Growwesout, veral vir droogpekel

Salpeter: Pienk kleur

Suiker:  Maak “sag” waar sout en salpeter verhardende invloed het op soutvleis.  Gee ook smaak.  Gebruik bruinsuiker

Koeksoda:  Veral in warm klimaatstreke, vir goedhouvermoee van soutvleis.

Water vir natpekel.  (Vrugtesap – olyfolie mengsel)

Speserye:  Vir ekstra geur. Bv. peper, lourierblare, naeltjies, heel peperkorrels, wonderpeperkorrels, heel koljander, knoffel, mosterd.

 

NATPEKEL:

Vir natpekel, ‘n lang, regop houer werk goed.  Vir maksimum hoeveelheid vleis en minimum hoeveelheid pekelvloeistof.

·        Kook eers die water, los sout ,suiker en salpeter daarin op en voeg speserye by.

Om die pekelperiode te verkort: Spuit pekelmengsel met ‘n spuit in die vleis.  Spuit soveel moontlik van die mensgsel in die vleis.  Steek naald met die draad van die vleis in die vleissnit.  Laat vleis daarna 1 dag vir elke 1,5 kg vleis in die res van die pekelmengsel.


Kommersiele pekelmengsels:

Verskeie kommersieele pekelmengsels is beskikbaar wat die pekeltydperk so verkort dat die vleis 6-7 uur na pekel deur inspuiting gereed is vir gaarmaak en en 2-5 dae met dieselfde mengsel sonder inspuiting. 


DROOGPEKEL:

Vir droogpekeling word die bestanddele in dieselfde vehouding as vir natpekeling gebruik, met die weglating van die water.  Bereken die hoeveelheid mengsel op 30 -45 g per 500g vleis.
 

WANNEER VLEIS GEPEKEL WORD, STAAN DIT OOR DIE ALGEMEEN BEKEND AS SOUTVLEIS.  Soms word die vleis na beroking gerook, EN IS DAN BEKEND AS ROOKVLEIS.

ROOKVLEIS., WORD GEWOONLIK NIE GAARGEMAAK SOOS SOUTVLEIS NIE, MAAR IN PAPIERDUN SKYFIES GESNY EN GEBRUIK AS VERSNAPERING. 

Koudrook


FW: Regtige egtige kerrie

'n Mail wat ek aan iemand gestuur het, toe stuur ek dit maar vi myself ook. Om die dokument op facebook te kan kry. Die inligting is hier. Well done, Annatjie! Of hoe, Jana?
 
 

 

xxxLekker dag

Annatjie   

Friday 11 January 2013

My groenbone speel verkleurmannetjie!

 Kyk! Groenbone in fashion….ek kan hulle nie nou gebruik vir outydse stoweboontjies met ‘n ui, aartappel, wit peper, stukkie skaaprib en bietjie suurlemoensap nie.
Sal ‘n tipe French Beans maak met in botter -en knoffel gesoteerde rooi uitjie ringe. Sommer bietjie geblansjeerde baba spinasie ook daarin deurroer.  Dat die donker die  ligte groen boontjies kan komplimenteer.  Nie aldag dat gewone groenbone so windgat is nie.

Happy Newyear!  

Sunday 6 January 2013

Moerbei tyd



Dis Moerbeityd.  Alle eer aan die moerbeiplukkers….dis vrek harde werk.  Rico, Frikkie en Bertus kry R20.00 vir ‘n plastieksakkie vol ryp moerbeie.  Hulle word kaal bolyf die boom ingestuur.  Dan hoef Vinkie net ‘n gevlekte shortie skoon te kry!
Moerbeikonfyt op skons.  Ons copycat die Engelse se scones with strawberry jam and cream.  Los sommer die room uit en smeer egte botter op die skons of waste brood ookal.

Moerbeikonfyt
 By fynkonfyt, gekook van bessiesoorte, mag daar ‘n klein hoeveelheid heel bessies voorkom, maar die meeste moet stukkend gekook wees.   
Meet die massa van die bessies.  Kook klein hoeveelhede op ‘n slag, ongeveer 2kg.  Omdat  die stroop in moerbeikonfyt geneig is om loperig te bly, gebruik 1kg suiker op 1 kg bessies.
Spoel die bessies skoon,  gebruik  ‘n vlekvrye staal of emalje swaarboomkastrol, en  laat die moerbeie oornag, met suiker in lae oor die vrugte gestrooi, staan.
Kook die volgende oggend vir 10 minute,  voeg 20 ml suurlemoensap en 5 ml wynsteensuur by.  Laat afkoel en kook vir ‘n verdere, ongeveer  15-20,  minute totdat die konfyt gereed en die stroop dik genoeg is.
**** Ek hou nie die bessies in die konfyt heel nie.  Die moerbeie kook nie stukkend in die swaar stroopoplossing nie.  Ek gebruik ‘n polser? “zirrer” n maak die bessies fyn na die eerste kook.  Die heel bessies is vir my te yl in die stroop. 
Bottel dadelik.  Koop die mooiste klein botteltjies by Consol op Stellenbosch.  Lekker geskenkies en mooi op die tafel.