Tuesday 26 March 2013

Heerlike tamatie pastasous resep

Baie ryp tamaties in die tuin... Om te bottel vir die maer wintersmaande!! Om te gebruik in Moussaka met skaapmaalvleis, of as pastasous oor klein wildsfrikkadelle op pasta of geroomde kapokaartappel. Braai 2 fyngekapte uie tot sag en deurskynend in olyfolie en 2 gekneusde knoffeltone. Voeg 750g ryp, ontvelde, gekapte tamaties, 80 ml tamatiepasta, 15 ml bruinsuiker, 40ml vars gekapte basielblare en 20 ml vars oreganumblare by. Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak. Prut vir 20-30 minute met die deksel af tot vloeistof verminder en sous lekker dik is. Verpulp en bottel. Proe sous voor bottel. Geur met eksta sout, peper, suieker of kruie. Nog tamatiepuree by indien verkies.

Lewer en niertjies

Die lewer van skaap, bees en wilds is ryk aan yster en vitamien B. Lewer moet 'n egalige kleur he en ferm wees. Die kleur hang af van die soort lewer en die ouderdom van die dier. Doop lewer in kookwater voordat dit bewerk word, dan hanteer dit makliker en kan die vliese en groter aarwande verwyder word. Week lewer 2-4 ure lank in 'n suur vloeistof soos asyn, suurlemoensap, dikmelk of karringmelk. (Verdun asyn en suurlemoensap met water.) Smaak word so verbeter. Voordat lewer gemaal word, laar vir 'n paar minute in kookwater week sodat dit makliker hanteerbaar is.

Thursday 14 March 2013

Stoom cooked salami's in die kombuis.

'n Klein kommersiele roker. Op die gasplaat, water onder in, die gerookte salami's op die draadrakkie bo die watersodat hulle kan stoom tot 60 grade. Vir die foto is die deksel afgehaal sodat die temperatuur gelees kan word.

Springbokrugstring

Dit is te baie warm om voor die stoof te staan en kos maak. Vinnige springbokrugstring steak op die kole. Sirloin steak. Baie lekker sousie daarmee saam, ook vir die gebakte aartappel bykos. Peperwortel(horseradish)roomsous.:
200ml elk bulgaarse joghurt en suurroom. 80 ml geroomde peperwortel. Opsioneel, 40 ml fyngekapte, vars koljanderblare.
Meng die joghurt, suurroom, peperwortel en koljanderblare. Gerasperde suurlemoenskil by die sous is heerlik. Geur met sout, gemaalde swartpeper en knoffel na smaak. Marinering is opsioneel. Moenie 'n marinade gebruik met sterk geurmiddels nie.
Geur die vleis met sout terwyl jy braai. Maak ALTYD wildsteaks lig tot mediumgaar.

Wednesday 6 March 2013

Chilli bite gesprek

Is daar 'n mengsel wat tuis aangemaak kan word vir Chilli bites? Of gebruik almal maar die kommersieele mengsel? Ek wil graag weet. Kom ons praat hieroor asb.?

Alet Mostert Erasmus Kyk wat daarin is en meng dit self!! Dis maar wat ek doen, eksperimenteer so bietjie, ek bly maar altyd weg van goed met msg in, dit gee wel geur, maar het 'n baie negatiewe konitasie.
 
Annatjie Reynolds Gee msg wel geur, of is dit net preserveermiddel? Soos bv salpeter in beesbitongmengsel wat kleur effek het? msg het baie negatiewe konnektasie, veral in organiese produk soos wildsvleis. Nik Naks MOET msg he(kappie)! Dankie Alet, jy's slim. Gaan dit doen en laat weet.

Alet Mostert Erasmus Ja msg gee geur en dis 'n preserveermiddel, dis hoekom aromat so lekker smaak!!
 
Annatjie Reynolds Alet, Ingredients: Salt, Dextrose, Spice and Spice Extracts, Flavourants, Preservative Potassium Sorbate. Ek kan daar niks uit wys word nie. Ek skat as ek die gewone sout, peper, bruinsuiker, koeksoda roete volg en ek sit chilli poeier by, behoort dit te werk. Paprika/rooipeper?

Annatjie Reynolds Charlene, jou lekker soutmengsel. Kan jy hier aan'n plan dink.
 

Annatjie Reynolds Pieter en Esi, die naam wat julle gesoek het, is Zeal. Blykbaar wat die Namibiers in hulle wors gooi. Ek ken dit as kommersiele sagmaakmiddel vir vleis. Gaan gou proe of dit na iets smaak. Gebruik dit nooit, maar het gaan koop nadat ons daaroor gesels het.

 
Annatjie Reynolds Zeal is meat tenderizer. Met suiker,sout, sodium , groente olie, potassium. Interessant, bevat die ensie m papaien. Dit is 'n ensiem in papaja , kry dit ook in pynappel, brommelien, dink ek, om vleis natuurlik te versag. Baie wildsteak resep met bv. sous van pynappel of 'n heel stuk pan geroosterde pynappel op die vleissnit..
 
Het hierdie op Facebook groep begin, 'comment' asb hieronder of neem deel op Facebook? http://www.facebook.com/#!/groups/246353155459991/