Nieuwefontein










Ons woon op ‘n Karooplaas.As ‘n opgeleide huishoudkundige was ek mede samesteller van die baie gewilde Karoo Family Favourites. Hierdie boekie het, met terug voer, uit gelig dat mense soek toe meer wildsvleis resepte, daarom het Karoo Wildsvleis/Karoo Venison as ‘n idee ontwikkel en later in druk verskyn. Tans is die boek in 7de druk. Ek, Lynne en Albe het as self die eerste 4 drukke se ‘uitgewers!’, bemark en versprei. Die laaste 3 drukke is uitgereik onder Johanthan Ball uitgewers.

 

Omdat ek ‘n Huishoudkundige was by die destydse Vleisraad, na aanvraag in reaksie tot die resepteboek, het ek kookdemo’s begin aanbied. Dit is waarvoor ek mopgelei is. Ek het eers rondgery en demos gedoen vir groepe soos hulle bespreek het, maar wil graag my leefstyl, die plaas en karakter aan ander bekend stel. Daarom doen ek die afgelope jaar Kom Kook en Kuier demos op Nieuwefontein plaas, Richmond Noord Kaap. Groepe van maksimum 5 en minimum 3 is welkom. Met bespreking moet daar aangevra word vir die tydperk wat julle wil kom, ons kan dan daar rondom werk. Julle moet ook spesifieke behoeftes vir die dem meld, bv. karkas-en snit besprekings, ontbening, pekel-en beroking, verskillende worssoorte. Daar word ook klem gelê op verskillende geregte wat uit ‘n spesifieke snit berei kan word.

 

Verblyf is beskikbaar en ons eet wat ons berei. Dit is nodig dat groepe ‘n koel boks saambring om die vleissnitte wat bewerk en verwerk is, saam te neem huistoe.

 

Ek bied ook dagkursusse aan slegs met karkas bespreking en ontbenings-en kook dem. Dus, is dit nie selfdoen soos in ‘n kursus. Vir groepe van 8 ,sou dit duur vanaf 9h00vm tot 1h00. Dan lunch en bespreking. Middagete is ingesluit. Vooraf bespreking is ook noodsaklik.








 ____________________________________________________________________________
Boerekos geskiet saam met Dine van Zyl http://www.boerekosresepte.co.za/index.php?id=31

No comments:

Post a Comment