Tuesday 16 April 2013

Semelbeskuit.

Vir Charmaigne Bezuidenhoudt in Auckland Nieu Zeeland. Op aanvraag van die Vetmuis Plaaskombuis op Richmond, Noord Kaap.

Semelbeskuit.
1 kg Bruismeel 500 ml bruinsuiker
500g margarien
325g semels
5 ml sout
1 liter room of helfte room en helfte ingedampte melk
Meng die bruismeel, semels, suiker en sout
Frummel die smeer in die meelmengsel totdat soos fynbroodkrummels lyk
Voeg die room by en meng goed.
Verdeel die deeg in die helfte en druk eweredig met 'n spaan in twee rolkoekpanne.
Sny die deeg in 2 x 6 cm vingers
Bak vir 45 minute by 180 grade tot ligbruin en gaar.
Keer versigtig op draadrak uit en laat afkoel.
Wanneer koud, gebruik 'n vurk en steek op die snymerke, breek die beskui8tvingers los van mekaar.
Droog uit.

Daar is baie ander lekker beskuitresepte.

'n Engelse een wat meer gesond is.
1,5 kg self raising flour
15 ml salt
15 ml baking powder
250g seedless raisins, optional
10! cups bran
500 ml apricot yoghurt
1 liter
milk
3 cups brown sugar
500g melted margarine

Mix everything together. Place in 3 long breadpans. Bake for 1 hour at 180 degrees C. Cut or brake into rusk sized pieces. Break open and allow to dry. OR use same method as for Afrikaanse semelbeskuit as above.

Tuesday 9 April 2013

Kweperjellie.


Skil die kwepers en kook die skille, pitte en klokhuise in genoeg koue water. Voeg suurlemoensap of 'n knippie wynsteensuur by kwepers. Vir die smaak. Kook die vrugtestukke apart vir vrugtesmeer. Syg die gekookte moes deur 'n klam flenniedoek. Laat die sap vrylik deurvloei, moenie roer of druk nie, anders het jy troebel jellie! Toets die sap om die pektien inhoud te bepaal en bereken dan die hoeveelheid suiker. :
Drup 'n half teelepel sap en 10 ml brandspiritus. Moenie roer nie. Let op die styfhied van die jellieklont wat gevorm word. 1Koppie suiker vir 1 koppie water as een stewige jelliedruppel vorm. 200 ml suiker by 1 koppie sap as 2 apart jellie stolsels vorm.
Roer goed om die suiker op te los. Vir 'n helder jellie: Laat net opkook en sygvir 'n 2e maal deur. Kook matig vinnig , sonder om te roer, tot jelliestadium. Kyk hoe die stroop van 'n houtlepel drup. In die begin sal dit soos 'n dun stroop aftap, later sal dit in 'n lagie of in vlokke van die lepel drup. Dan is die jellie gereed om gebottel te word. Skuim gedurig die jellie af.

Wednesday 3 April 2013

VETMUIS PLAASKOMBUIS



Dagbreek TV, KykNet, 5 geregte berei. VETMUIS PLAASKOMBUIS op Richmond, Noord Kaap. GROOT KAROO. Vir kookdemonstrasies, nie vleisverwerkingskursussse, annatjie.r@vodamail.co.za. Groepe van tot 10 vroue.

Heerlike Sosaties: Marinette


 

‘n ongeveer 2kg skaap –of wildsboud in 2.5 cm blokkies gesny.  Gebruik goeie kwaliteit vleis.

30 ml vars suurlemoensap

7 ml sout

 7 ml fyn swartpeper

1 groot ui, fyn gerasper

4 groot uie, in kwarte gesny en effens sag gekook

Meng die suurlemoensap, sout, peper en gerasperde ui en roer die vleisblokkies daarin.  Roer die effe saggekookte ui liggies by.

Maak ‘n kerriesous:

Meng die volgende bestanddele saam en prut vir 5 minute, roer gereeld:

15 ml borrie

15 ml maizena

15 ml kerriepoeier

40  ml bruinsuiker

2 ml fyn swartpeper

50 ml appelkooskonfyt

5o ml vrugteblatjang

die gedreineerde pynappelsap

200 ml bruin wynasyn

Laat die mengsel koud word en gooi oor die vleisblokkies.  Laat in yskas vir tot 6 dae.

Ryg sosaties in: vleisblokkie, ui, pynappelstuk.  Herhaal.

Lewerkoekies: Marinette Viljoen


 

500g skaaplewer

Stukkie van die netvet

1 groot ui

2 eiers

1 t sout

Knippie fyn witpeper

Knippie gerasperde neutmuskaat

8 eetlepels, 8x15 ml, koekmeelblom

3 teelepels,  3 x 5 ml, bakpoeier

Maal die lewer, netvet en ui.

Voeg geklitste eier, sout, peper en neutmuskaat by.

Meng laastens die koekmeelblom en bakpoeier by en meng deeglik.

Bak lepelsvol in warm, vlak olie.  Braai tot gaar en weerskante bruin.  Dreineer op kombuispapier.

Bedien warm op geroomde kapokaartappels met tamatiesous en sprietuie.  Of met vars brood , tamatie en roereier.