Wednesday 6 February 2013

Pekel van vleis


Pekelbestanddele:

 Sout:  bewaar. Growwesout, veral vir droogpekel

Salpeter: Pienk kleur

Suiker:  Maak “sag” waar sout en salpeter verhardende invloed het op soutvleis.  Gee ook smaak.  Gebruik bruinsuiker

Koeksoda:  Veral in warm klimaatstreke, vir goedhouvermoee van soutvleis.

Water vir natpekel.  (Vrugtesap – olyfolie mengsel)

Speserye:  Vir ekstra geur. Bv. peper, lourierblare, naeltjies, heel peperkorrels, wonderpeperkorrels, heel koljander, knoffel, mosterd.

 

NATPEKEL:

Vir natpekel, ‘n lang, regop houer werk goed.  Vir maksimum hoeveelheid vleis en minimum hoeveelheid pekelvloeistof.

·        Kook eers die water, los sout ,suiker en salpeter daarin op en voeg speserye by.

Om die pekelperiode te verkort: Spuit pekelmengsel met ‘n spuit in die vleis.  Spuit soveel moontlik van die mensgsel in die vleis.  Steek naald met die draad van die vleis in die vleissnit.  Laat vleis daarna 1 dag vir elke 1,5 kg vleis in die res van die pekelmengsel.


Kommersiele pekelmengsels:

Verskeie kommersieele pekelmengsels is beskikbaar wat die pekeltydperk so verkort dat die vleis 6-7 uur na pekel deur inspuiting gereed is vir gaarmaak en en 2-5 dae met dieselfde mengsel sonder inspuiting. 


DROOGPEKEL:

Vir droogpekeling word die bestanddele in dieselfde vehouding as vir natpekeling gebruik, met die weglating van die water.  Bereken die hoeveelheid mengsel op 30 -45 g per 500g vleis.
 

WANNEER VLEIS GEPEKEL WORD, STAAN DIT OOR DIE ALGEMEEN BEKEND AS SOUTVLEIS.  Soms word die vleis na beroking gerook, EN IS DAN BEKEND AS ROOKVLEIS.

ROOKVLEIS., WORD GEWOONLIK NIE GAARGEMAAK SOOS SOUTVLEIS NIE, MAAR IN PAPIERDUN SKYFIES GESNY EN GEBRUIK AS VERSNAPERING. 

5 comments:

  1. Goeie dag,
    Kan u asb vir my sê wat is die toelaatbare hoeveelheid speserye per kilogram vleis.

    Dankie

    ReplyDelete
  2. Goeie more, Kan die mengsel vir biltong ook gebruik word? Indien , Hoe lank moet die biltong vleis in die mengsel le?
    Groete
    Hannes
    My Epos: hannes@alberante.co.za

    ReplyDelete
  3. Waar koop mens die boek asb Annetjie
    Dis Drienie
    Bosgroete

    ReplyDelete
  4. Môre wil graag weet hoeveelhede van bestandele met nat pekel asb.

    ReplyDelete
  5. Hi almal. Ek soek die pekelwater resep waar jy net die sout en pekel ingooi. Asseblief

    ReplyDelete