Monday 25 February 2013

Wildswors

Vir die ouens met nog baie wildsvoorkwartvleis in die vrieskas.

 ( Die prime cuts braai ons mos nou in die somer. )

2 kg wildsvleis,  gebruik goeie kwaliteit vleis gesny uit voorkwartvleis.
1 kg vet skaapvleis, gebruik die lieste en ribbetjies wat vet is.  Ook die blaaie vir vet skaapvleis.
50 ml geskroeide, gemaalde koljandersade   
 2 ml fyn naeltjies
2 ml gerasperde neutmuskaat
25 ml sout
5 ml varsgemaalde swartpeper
500g vet varkvleis
100 ml bruin druiweasyn
 Sowat 90g goeie kwaliteit derms.

 
 
Berei eers die kojander deur dit te sif, te maal en te skroei. Sny vleis in 50mm blokkies en meng  met die speserye, geurmiddels en asyn. Maal die vleis. Maak bietjie van die maalvleis gaar en PROE .

Stop die derms met die mengsel.

·         Vir kompetisiewors word die vet varkvleis vervang met varkspek.  Die koue varkspek in klein dobbelsteentjie grootte gesny en dan  met die asyn  liggies deurgeroer  NADAT  die vleisblokkies gemaal is.

·         Hierdie maat is heerlik, want dit maak net 3,5 kg wors wat nie lank in die vrieskas gaan wees nie.  Smaak van gevriesde, gepreserveerde  produkte intensifiseer.  Klaargemaakte wors moenie te lank gevries word nie. 

·         Moenie wildswors lank en droog braai nie.

·         Die traditionele  dik boerewors derms is baiemaal taai.  Ek koop  “can 26/28” hanks.

·         Geniet.

Om wors te maak gebruik die diklies van die boud,nare naam!, of voorkwartsnitte. Rib, nek.

Dun droeworsies op die foto

No comments:

Post a Comment