Thursday 4 October 2012

Skaapkop en pootjies


Jy moet weet waar jy jou skaapkop en pootjies vandaan kry.  Die oorsprong moet getrace  kan word en jy moet daar vertroue in he.  WANT ‘n afval MOET GOED  en ordentlik skoongemaak en geskrap wees.  Anders kan die gereg met reg gewantrou word. O ja, en die pens word in soutwater geweek en goed gewas en skoongeskrop. Om die harsings in toe te draai.

·         Om afval skoon te maak is ‘n kuns wat verlore kan gaan as die ouer mense wie se leefstyl  dit was,  nie die vaardigheid oordra aan ‘n jonger geslag nie.  Ordentlik skoongemaakte afval is skaars en ‘n delicatesse.

·          * Ek verbaas my hoe neusoptrekkerig jonger mense is, maar tog demand hulle wat baie van hulle nie verdien nie. Die nuwe interpretasie van menseregte word voorwaar verdraai. As jy ‘n reg verdien, moet jy ook verantwoordelikheid aanvaar…maar terug by die afval.

Resep:   Vir vaal afval, jy kan ook Kerrie afval maak indien jy dit verkies. Afval is,soos beesstert, die lekkerste op die tweede dag….die oorskiet.

Week die skoongemaakte afval vir ‘n paar uur lank in ‘n soutwateroplossing: 15 ml sout op 4.5 ml water.

Plaas die kop, harsings en pootjies in ‘n diep kastrol en bedek met koue water.  Voeg 3 eetlepels bruin asyn, 1 klein ui waarin 5 kruienaeltjies gedruk is, 1 teelepel koljanderkorrels, 1 lourierblaar en ‘n paar pimentkorrels by.  Bind die smaakmiddels in ‘n moeseliendoeksakkie om na gaarmaak makliker te verwyder of skep dit eenvoudig  na gaarmaak uit.

Kook lank en stadig, maklik vir 8 ure, vul die vloeistof aan indien nodig.  Voeg 2 of 3 aartappels, in kwarte gesny, by.  Ook sout en fyn wit peper na smaak. Kook tot die aartappels sag en die sous lekker lank is.

Wanneer die afval gaar is, moet die vleis maklik van die bene afval.   
 
 

 

No comments:

Post a Comment