Friday 17 August 2012

Pofadder



D.i. wildslewer wat ons in die vetderm van 'n skaap gestop het.

* Doop die lewer in kookwater , dan is dit nie te bloederig nie e kan die are en vliese maklik verwyder word. Net vir 'n minuut.
*Week lewer tot 4 ure in 'n suur vloeistof soos asyn, suurlemoensap, melk, dikmelk of karringmelk.

Maak die lewer goed skoon, sny groot are uit en verwyder vliese.
Sny in blokkies en geur met:
gekapte, gesmoorde ui
sout en peper
asyn of suurlemoensap (worcestersous?)
fyn koljander
ander geurmiddels soos knoffel, pietersielie is opsioneel en volgens smaak.
1 eier opsioneel OF vars broodkrummels

Stop in die goed skoongemaakte vetderm en bind vas.
Braai oor die kole en geniet OF
Laat vir 45 minute goed deurkook. (Geur die water effens met kruie/spesery bv. kwart deurgesnyde suurlemoen, swart peperkorrels, selderystok, ui.)
As die pofadder gekook is, laat effe afkoel en hang in koel plek op vir ongeveer 1 dag.
Bere dan in die yskas en sny in skyfies soos salami.
Bedien op brood.

No comments:

Post a Comment