Friday 17 August 2012

Gestopte springbokboud




Maak die marinade:
1 k bruin asyn
1 k vleisaftreksel  (sien verder vir resep)
1 k rooiwyn
1 ui met 12 naeltjies daarin gedruk
8 wonderpeperkorrels
½ k geskroeide koljander
10 swartpeperkorrels
¼ t fyn witpeper
4 E bruinsuiker
4 lourierblare
250 g varkspek in repe gesny

Gooi die asyn, vleisaftreksel, rooiwyn, uie met naeltjies, wonderpeperkorrels, koljander, swartpeperkorrels, witpeper, bruinsuiker en lourierblare in ‘n houer.
Laat lê die repe varkspek daarin.
Sny diep kepe in die springbokboud en druk die varkspek daarin.

Speserye en netvet:
2 E growwe sout
1 t fyn swartpeper
2 E geskroeide gemaalde koljander
1 skaap netvet
1 k marinade (soos hierbo)
1 k vleisaftreksel

Laat lê die springbokboud vir agt uur in die marinade en draai dit om.
Na ‘n verdere agt uur, word die boud uitgelig en ingesmeer met growwe sout, swartpeper en geskroeide koljander.
Draai die boud toe in netvet, sit in ‘n oondskottel en bedruip met  1 koppie marinade en 1 koppie aftreksel.
Sit die deksel op.
Bak in die oond teen 150º vir ongeveer 5 uur.

Vleisaftreksel (vir springbokboud marinade)
5 k water
1 murgbeen, middeldeur gekap, met vleisstukkies  aan.
2 uie, elk met 12 kruinaeltjies
1 wortel, in dik ringe gesny
1 selderystingel met blare
½ t swart peperkorrels
1 E growwe sout

Verhit die vleisaftreksel stadig tot kookpunt en laat prut vir omtrent 5 ure.
Gooi deur ‘n sif en laat afkoel.

No comments:

Post a Comment