Thursday 19 July 2012

Outydse stowevleis

Baie navraag in die winter oor die kook van gewone fynvleis vir bv. pasteie.
Stowevleis is 'n gewilde manier om wildsvleis gaar te maak. Dit is veelsydig, gerieflik en gereed vir gebruik. Kies voorkwartsnitte soos nek, blaaie en skenkels vir stowevleis. Maak groot of klein pasteie, "herderspastei", patee, vulsel vir sout pannekoeke , mock canneloni, of sous vir pasta.

2 kg wildsvleis, in porsies gesaag
...
1 ui waarin 8 kruienaeltjies gedruk is.
1 wortel, in skywe gesny
lourierblare
sout en fyn swartpeper na smaak
250 g vet skaapvleis
25 ml geskroeide, varsgemaalde koljander
2.5 ml neutmuskaat
200 ml droee rooiwyn
750 ml aftreksel
100 ml bruin asyn
25 ml kweperjellie, opsioneel

Bedek die vleis met aftreksel en asyn. Voeg ui, wortel, lourierblaar, sout en peper en koljander by. Bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut stadig tot vleis sag en en van die bene afval. Vul vloeistof aan indien nodig. Vlok grofweg en verwyder die ui, bene, wortelstukke, lourierblare. Roer die rooiwyn en kweperjellie by en prut vir sowat 15 minute. Maak 'n pasta van koekmeelblom en water, roer by die gevlokte vleis en prut tot velangde dikte. Die fynvleis moenie droog kook nie, maar lekker souserig wees. Geur na smaak.


Photo: Join Groep : Kom Kook en Kuier in die Karoo

No comments:

Post a Comment