Wednesday, 30 July 2014

Wildsosaties


Gebruik die binneboud spier van ‘n wildsboud wat goed gejag en goed rypgemaak is.

Genoeg vir 15 sosaties

 
1.5 kg wildsvleis, in blokkies gesny

60 ml olie

2-3 uie, dun gesny

3 knoffeltone, gekneus

30 ml matige kerriepoeier

1 klein, heel  brandrissie

1 stuk vars gemmer, fyn gekap

2 lourier –of suurlemoenblare

35o ml goeie bruin asyn

30 ml appelkooskonfyt

500 ml melk

250 g varkvet in 2.5 cm bloke gesny , opsioneel …L.w. dit is nie bacon nie. Of gebruik skaapstervet.

125g sagte, gedroogde appelkose.  As jy dit gebruik, maak jy nie meer ‘n sosatie nie, maar ‘n kebab.

Verhit die olie en soteer uie oor matige hitte vir sowat 15 minute tot sag en deurskynend.* plaas die deksel op as die uie “braai”. Voeg knoffel, kerriepoeier ,brandrissie, gemmer en lourierblare by. Roerbraai vir sowat 3 minute.  Voeg asyn en appelkooskonfyt by, en bring tot kookpunt.  Laat vir 10 minute prut.  Laat goed afkoel en roer melk by. Plaas 3 suurlemoenblare in die marinade. Marineer die wildsblokkies en varkspek en appelkose in die marinade, bedek met kleefplastiek en plaas vir 2 dae in yskas. Ryg op stokkies en  rooster stadig oor matige kole.

 

·         Die word “sosaties” kom van die Maleisiese word sesate en beteken “vleis op  stokkies”. Oorspronklik het die Moslem-gereg natuurlik g’n varkspek bevat nie, wel skaapstertvet.  Maar Suid Afrikaners skroom nie om met tipiese overdaad soms tot 3 soorte vleis op dieselfde stokkie te ryg nie!.

Thursday, 24 July 2014

Reviews

Sometimes after doing the course, we receive review e-mails, which we would like to share with you, especially because we have not blogged much of late. The facebook group is some what more active: https://www.facebook.com/Komkookenkuierindiekaroo?ref_type=bookmark

Thank you to those who e-mail these reviews.

Len Schoeman:

"Ek moet se ek het dadelik welkom gevoel met  die aankoms by julle op die plaas, so ook het jy die regte groep mense saam met mekaar geplaas vir die kursus.

Ek glo dit is baie moeilik maar jy het perfek daarin geslaag.

Wat die kursus betref, jou praktiese oordrag van inligting is absoluut uit die boonste rakke,  ek het al baie aanbiedinge / kursusse  bygewoon,  en jy staan uit.

Die kennis oordrag van jou kant af  kom baie duidelik deur, en is  absoluut verstaanbaar veral vir  iemand soos  ek wat nie elke dag in die kombuis deurbring nie.

Die belangrikste punt is dat jy absoluut jou detail  kennis  met ons deel asook raad gee .

Jy is  doelgerig en baie profesioneel ,en jou persoonlikheid laat dit toe om sukses te behaal.

Jou vleisverwerkings kamer  is baie  goed ingerig.

Dit was die beste en wonderlikste tyd wat ek nog beleef het wat vleis verwerking aan  betref.

Ek glo almal sal saam met my stem wat teenwoordig was gedurende die tydperk op die plaas.

My vrou het aan die wildsvleis  gesmul, jy was reg die eerste proe was indrukwekkend  en sy wil graag weer wildsvleis eet, as ek sukkel  met van die voorbereidings sal ek jou kontak vir hulp.

Nogmaals baie dankie vir n wonderlike tyd op die plaas."
 
Hetsie Scheepers:
 
 
 
 
" Liewe Kobus en Annatjie,
Ek wil net vir julle so baie dankie sê vir die afgelope naweek wat ek in my herrinneringe sal stoor vir ewig. Dit was so lekker om so tuis te voel, asof ek julle al lank ken. Dit was vir my net ‘n verlenging van my eie huis. Behalwe alles wat ek geleer het, was dit vir my so inspirerend om te sien alles wat jy by al jou dinge nog doen ook Annatjie. Ja ek dink ons sal lank om ‘n vuur kan kuier. Ook jou en Kobus se verhouding het my so aan my en Kobus sin laat dink. Daardie saam wees in ‘n ding al is dit net jou eie ding. Dis die ondersteuning waarsonder mens niks lekker kan aanpak  nie.
Ek het gister vinnig die bosbok wat in die koelkamer gehang het getakel met baie meer selfvertroue. Dankie , dankie, dankie. "
 
 
 

Monday, 10 June 2013

Monday, 27 May 2013

Soetpatats met brandewyn




Bestanddele:
450g Patats
2el Heuning
Koppie Brandewyn
... 3el Bruinsuiker
5el Broodkrummels
Gerasperde Lemoenskil
Botter
Knypie sout

So Gemaak:

1. Kook patats in sout water vir 15 min. Sny in skywe en plaas in gesmeerde oondpan.
2. Meng heuning met koppie brandewyn en giet oor patats.
3. Meng bruinsuiker, broodkrummels en lemoenskil saam , strooi dan bo-oor patats
4. Sit klontjies botter op en bak in matige oond tot goudbruin.
@*boerekos.com*

foto:www.jemangelaville.com


Monday, 13 May 2013

Lande Ferreira


Na dat sy die kursus bygewoon het vra Lande my hoe sy gedoen het met haar dis by die huis. Great om van jou te hoor!

Wednesday, 8 May 2013

Onlangse kurses

DANKIE NATIA, ons het dit net so baie geniet.

jp safari company  logo copy


Ek wil net Baie-Baie dankie se vir ‘n “AWESOME” kursus – Ek het geweet dit gaan lekker wees, maar nooit gedink ek sal dit SO geniet nie!!!! Ek maak almal mal om my – wil net vir almal vertel van ons “Great” Tyd!!!!!!


Het vir my Amerikaansie kliente “Springbok Shanks” op die menu vanaand en more ‘n “Ontbeende Springbokboud in Karringmelk Marinade”!!!!


Baie dankie Weereens!!!!


Groete

Natia
 
Tel/fax: 011 -27-4228-30832
Cell : 011-27-829299240
Fax: 011-27-866835263

Tuesday, 7 May 2013

Springboktjops(chops)!

Bedien met Vinnaigrette van geroosterde knoffel, 2 anchovies, 3 capers, rooi wynasyn, olyfolie en pietersielie. Glo my, dis HEERLIK. Met my oe gesteel van die vloekende chef op eenvan die televisiekanale. Die chops met new potatoes en die heerlike gevyselde "slaaisous".

Tuesday, 16 April 2013

Semelbeskuit.

Vir Charmaigne Bezuidenhoudt in Auckland Nieu Zeeland. Op aanvraag van die Vetmuis Plaaskombuis op Richmond, Noord Kaap.

Semelbeskuit.
1 kg Bruismeel 500 ml bruinsuiker
500g margarien
325g semels
5 ml sout
1 liter room of helfte room en helfte ingedampte melk
Meng die bruismeel, semels, suiker en sout
Frummel die smeer in die meelmengsel totdat soos fynbroodkrummels lyk
Voeg die room by en meng goed.
Verdeel die deeg in die helfte en druk eweredig met 'n spaan in twee rolkoekpanne.
Sny die deeg in 2 x 6 cm vingers
Bak vir 45 minute by 180 grade tot ligbruin en gaar.
Keer versigtig op draadrak uit en laat afkoel.
Wanneer koud, gebruik 'n vurk en steek op die snymerke, breek die beskui8tvingers los van mekaar.
Droog uit.

Daar is baie ander lekker beskuitresepte.

'n Engelse een wat meer gesond is.
1,5 kg self raising flour
15 ml salt
15 ml baking powder
250g seedless raisins, optional
10! cups bran
500 ml apricot yoghurt
1 liter
milk
3 cups brown sugar
500g melted margarine

Mix everything together. Place in 3 long breadpans. Bake for 1 hour at 180 degrees C. Cut or brake into rusk sized pieces. Break open and allow to dry. OR use same method as for Afrikaanse semelbeskuit as above.

Tuesday, 9 April 2013

Kweperjellie.


Skil die kwepers en kook die skille, pitte en klokhuise in genoeg koue water. Voeg suurlemoensap of 'n knippie wynsteensuur by kwepers. Vir die smaak. Kook die vrugtestukke apart vir vrugtesmeer. Syg die gekookte moes deur 'n klam flenniedoek. Laat die sap vrylik deurvloei, moenie roer of druk nie, anders het jy troebel jellie! Toets die sap om die pektien inhoud te bepaal en bereken dan die hoeveelheid suiker. :
Drup 'n half teelepel sap en 10 ml brandspiritus. Moenie roer nie. Let op die styfhied van die jellieklont wat gevorm word. 1Koppie suiker vir 1 koppie water as een stewige jelliedruppel vorm. 200 ml suiker by 1 koppie sap as 2 apart jellie stolsels vorm.
Roer goed om die suiker op te los. Vir 'n helder jellie: Laat net opkook en sygvir 'n 2e maal deur. Kook matig vinnig , sonder om te roer, tot jelliestadium. Kyk hoe die stroop van 'n houtlepel drup. In die begin sal dit soos 'n dun stroop aftap, later sal dit in 'n lagie of in vlokke van die lepel drup. Dan is die jellie gereed om gebottel te word. Skuim gedurig die jellie af.

Wednesday, 3 April 2013

VETMUIS PLAASKOMBUIS



Dagbreek TV, KykNet, 5 geregte berei. VETMUIS PLAASKOMBUIS op Richmond, Noord Kaap. GROOT KAROO. Vir kookdemonstrasies, nie vleisverwerkingskursussse, annatjie.r@vodamail.co.za. Groepe van tot 10 vroue.

Heerlike Sosaties: Marinette


 

‘n ongeveer 2kg skaap –of wildsboud in 2.5 cm blokkies gesny.  Gebruik goeie kwaliteit vleis.

30 ml vars suurlemoensap

7 ml sout

 7 ml fyn swartpeper

1 groot ui, fyn gerasper

4 groot uie, in kwarte gesny en effens sag gekook

Meng die suurlemoensap, sout, peper en gerasperde ui en roer die vleisblokkies daarin.  Roer die effe saggekookte ui liggies by.

Maak ‘n kerriesous:

Meng die volgende bestanddele saam en prut vir 5 minute, roer gereeld:

15 ml borrie

15 ml maizena

15 ml kerriepoeier

40  ml bruinsuiker

2 ml fyn swartpeper

50 ml appelkooskonfyt

5o ml vrugteblatjang

die gedreineerde pynappelsap

200 ml bruin wynasyn

Laat die mengsel koud word en gooi oor die vleisblokkies.  Laat in yskas vir tot 6 dae.

Ryg sosaties in: vleisblokkie, ui, pynappelstuk.  Herhaal.

Lewerkoekies: Marinette Viljoen


 

500g skaaplewer

Stukkie van die netvet

1 groot ui

2 eiers

1 t sout

Knippie fyn witpeper

Knippie gerasperde neutmuskaat

8 eetlepels, 8x15 ml, koekmeelblom

3 teelepels,  3 x 5 ml, bakpoeier

Maal die lewer, netvet en ui.

Voeg geklitste eier, sout, peper en neutmuskaat by.

Meng laastens die koekmeelblom en bakpoeier by en meng deeglik.

Bak lepelsvol in warm, vlak olie.  Braai tot gaar en weerskante bruin.  Dreineer op kombuispapier.

Bedien warm op geroomde kapokaartappels met tamatiesous en sprietuie.  Of met vars brood , tamatie en roereier.

Tuesday, 26 March 2013

Heerlike tamatie pastasous resep

Baie ryp tamaties in die tuin... Om te bottel vir die maer wintersmaande!! Om te gebruik in Moussaka met skaapmaalvleis, of as pastasous oor klein wildsfrikkadelle op pasta of geroomde kapokaartappel. Braai 2 fyngekapte uie tot sag en deurskynend in olyfolie en 2 gekneusde knoffeltone. Voeg 750g ryp, ontvelde, gekapte tamaties, 80 ml tamatiepasta, 15 ml bruinsuiker, 40ml vars gekapte basielblare en 20 ml vars oreganumblare by. Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak. Prut vir 20-30 minute met die deksel af tot vloeistof verminder en sous lekker dik is. Verpulp en bottel. Proe sous voor bottel. Geur met eksta sout, peper, suieker of kruie. Nog tamatiepuree by indien verkies.

Lewer en niertjies

Die lewer van skaap, bees en wilds is ryk aan yster en vitamien B. Lewer moet 'n egalige kleur he en ferm wees. Die kleur hang af van die soort lewer en die ouderdom van die dier. Doop lewer in kookwater voordat dit bewerk word, dan hanteer dit makliker en kan die vliese en groter aarwande verwyder word. Week lewer 2-4 ure lank in 'n suur vloeistof soos asyn, suurlemoensap, dikmelk of karringmelk. (Verdun asyn en suurlemoensap met water.) Smaak word so verbeter. Voordat lewer gemaal word, laar vir 'n paar minute in kookwater week sodat dit makliker hanteerbaar is.

Thursday, 14 March 2013

Stoom cooked salami's in die kombuis.

'n Klein kommersiele roker. Op die gasplaat, water onder in, die gerookte salami's op die draadrakkie bo die watersodat hulle kan stoom tot 60 grade. Vir die foto is die deksel afgehaal sodat die temperatuur gelees kan word.

Springbokrugstring

Dit is te baie warm om voor die stoof te staan en kos maak. Vinnige springbokrugstring steak op die kole. Sirloin steak. Baie lekker sousie daarmee saam, ook vir die gebakte aartappel bykos. Peperwortel(horseradish)roomsous.:
200ml elk bulgaarse joghurt en suurroom. 80 ml geroomde peperwortel. Opsioneel, 40 ml fyngekapte, vars koljanderblare.
Meng die joghurt, suurroom, peperwortel en koljanderblare. Gerasperde suurlemoenskil by die sous is heerlik. Geur met sout, gemaalde swartpeper en knoffel na smaak. Marinering is opsioneel. Moenie 'n marinade gebruik met sterk geurmiddels nie.
Geur die vleis met sout terwyl jy braai. Maak ALTYD wildsteaks lig tot mediumgaar.

Wednesday, 6 March 2013

Chilli bite gesprek

Is daar 'n mengsel wat tuis aangemaak kan word vir Chilli bites? Of gebruik almal maar die kommersieele mengsel? Ek wil graag weet. Kom ons praat hieroor asb.?

Alet Mostert Erasmus Kyk wat daarin is en meng dit self!! Dis maar wat ek doen, eksperimenteer so bietjie, ek bly maar altyd weg van goed met msg in, dit gee wel geur, maar het 'n baie negatiewe konitasie.
 
Annatjie Reynolds Gee msg wel geur, of is dit net preserveermiddel? Soos bv salpeter in beesbitongmengsel wat kleur effek het? msg het baie negatiewe konnektasie, veral in organiese produk soos wildsvleis. Nik Naks MOET msg he(kappie)! Dankie Alet, jy's slim. Gaan dit doen en laat weet.

Alet Mostert Erasmus Ja msg gee geur en dis 'n preserveermiddel, dis hoekom aromat so lekker smaak!!
 
Annatjie Reynolds Alet, Ingredients: Salt, Dextrose, Spice and Spice Extracts, Flavourants, Preservative Potassium Sorbate. Ek kan daar niks uit wys word nie. Ek skat as ek die gewone sout, peper, bruinsuiker, koeksoda roete volg en ek sit chilli poeier by, behoort dit te werk. Paprika/rooipeper?

Annatjie Reynolds Charlene, jou lekker soutmengsel. Kan jy hier aan'n plan dink.
 

Annatjie Reynolds Pieter en Esi, die naam wat julle gesoek het, is Zeal. Blykbaar wat die Namibiers in hulle wors gooi. Ek ken dit as kommersiele sagmaakmiddel vir vleis. Gaan gou proe of dit na iets smaak. Gebruik dit nooit, maar het gaan koop nadat ons daaroor gesels het.

 
Annatjie Reynolds Zeal is meat tenderizer. Met suiker,sout, sodium , groente olie, potassium. Interessant, bevat die ensie m papaien. Dit is 'n ensiem in papaja , kry dit ook in pynappel, brommelien, dink ek, om vleis natuurlik te versag. Baie wildsteak resep met bv. sous van pynappel of 'n heel stuk pan geroosterde pynappel op die vleissnit..
 
Het hierdie op Facebook groep begin, 'comment' asb hieronder of neem deel op Facebook? http://www.facebook.com/#!/groups/246353155459991/