‘n ongeveer 2kg skaap –of wildsboud in 2.5 cm blokkies
gesny. Gebruik goeie kwaliteit vleis.
30 ml vars suurlemoensap
7 ml sout
7 ml fyn swartpeper
1 groot ui, fyn gerasper
4 groot uie, in kwarte gesny en effens sag gekook
Meng die suurlemoensap, sout, peper en gerasperde ui en roer
die vleisblokkies daarin. Roer die effe
saggekookte ui liggies by.
Maak ‘n kerriesous:
Meng die volgende bestanddele saam en prut vir 5 minute,
roer gereeld:
15 ml borrie
15 ml maizena
15 ml kerriepoeier
40 ml bruinsuiker
2 ml fyn swartpeper
50 ml appelkooskonfyt
5o ml vrugteblatjang
die gedreineerde pynappelsap
200 ml bruin wynasyn
Laat die mengsel koud word en gooi oor die
vleisblokkies. Laat in yskas vir tot 6
dae.
Ryg sosaties in: vleisblokkie, ui, pynappelstuk. Herhaal.
No comments:
Post a Comment