Gebruik die binneboud spier van ‘n
wildsboud wat goed gejag en goed rypgemaak is.
Genoeg vir 15 sosaties
1.5 kg wildsvleis, in blokkies gesny
60 ml olie
2-3 uie, dun gesny
3 knoffeltone, gekneus
30 ml matige kerriepoeier
1 klein, heel brandrissie
1 stuk vars gemmer, fyn gekap
2 lourier –of suurlemoenblare
35o ml goeie bruin asyn
30 ml appelkooskonfyt
500 ml melk
250 g varkvet in 2.5 cm bloke gesny ,
opsioneel …L.w. dit is nie bacon nie. Of gebruik skaapstervet.
125g sagte, gedroogde appelkose. As jy dit gebruik, maak jy nie meer ‘n
sosatie nie, maar ‘n kebab.
Verhit die olie en soteer uie oor matige
hitte vir sowat 15 minute tot sag en deurskynend.* plaas die deksel op as die
uie “braai”. Voeg knoffel, kerriepoeier ,brandrissie, gemmer en lourierblare
by. Roerbraai vir sowat 3 minute. Voeg
asyn en appelkooskonfyt by, en bring tot kookpunt. Laat vir 10 minute prut. Laat goed afkoel en roer melk by. Plaas 3
suurlemoenblare in die marinade. Marineer die wildsblokkies en varkspek en
appelkose in die marinade, bedek met kleefplastiek en plaas vir 2 dae in yskas.
Ryg op stokkies en rooster stadig oor
matige kole.
·
Die word “sosaties” kom van die
Maleisiese word sesate en beteken “vleis op
stokkies”. Oorspronklik het die Moslem-gereg natuurlik g’n varkspek
bevat nie, wel skaapstertvet. Maar Suid
Afrikaners skroom nie om met tipiese overdaad soms tot 3 soorte vleis op
dieselfde stokkie te ryg nie!.