( Die prime cuts braai ons mos nou in die
somer. )
2 kg
wildsvleis, gebruik goeie kwaliteit
vleis gesny uit voorkwartvleis.
1 kg vet
skaapvleis, gebruik die lieste en ribbetjies wat vet is. Ook die blaaie vir vet skaapvleis.
50 ml geskroeide,
gemaalde koljandersade
2 ml fyn naeltjies
2 ml gerasperde
neutmuskaat
25 ml sout
5 ml varsgemaalde
swartpeper
500g vet
varkvleis
100 ml bruin
druiweasyn
Sowat 90g goeie kwaliteit derms.
Berei eers die
kojander deur dit te sif, te maal en te skroei. Sny vleis in 50mm blokkies en
meng met die speserye, geurmiddels en
asyn. Maal die vleis. Maak bietjie van die maalvleis gaar en PROE .
Stop die derms
met die mengsel.
·
Vir kompetisiewors word die vet varkvleis vervang
met varkspek. Die koue varkspek in klein
dobbelsteentjie grootte gesny en dan met
die asyn liggies deurgeroer NADAT die
vleisblokkies gemaal is.
·
Hierdie maat is heerlik, want dit maak net 3,5 kg
wors wat nie lank in die vrieskas gaan wees nie. Smaak van gevriesde, gepreserveerde produkte intensifiseer. Klaargemaakte wors moenie te lank gevries
word nie.
·
Moenie wildswors lank en droog braai nie.
·
Die traditionele dik boerewors derms is baiemaal taai. Ek koop
“can 26/28” hanks.
·
Geniet.
Om wors te maak gebruik die diklies van die boud,nare
naam!, of voorkwartsnitte. Rib, nek.
Dun droeworsies op die foto