Gebruik die binneboud spier van ‘n wildsboud wat goed gejag
en goed rypgemaak is.
Genoeg vir 15 sosaties
1.5 kg wildsvleis, in blokkies gesny
60 ml olie2-3 uie, dun gesny
3 knoffeltone, gekneus
30 ml matige kerriepoeier
1 klein, heel brandrissie
1 stuk vars gemmer, fyn gekap
2 lourier –of suurlemoenblare
35o ml goeie bruin asyn
30 ml appelkooskonfyt
500 ml melk
250 g varkvet in 2.5 cm bloke gesny , opsioneel …L.w. dit is nie bacon nie. Of gebruik skaapstervet.
125g sagte, gedroogde appelkose. As jy dit gebruik, maak jy nie meer ‘n sosatie nie, maar ‘n kebab.
Verhit die olie en soteer uie oor matige hitte vir sowat 15
minute tot sag en deurskynend.* plaas die deksel op as die uie “braai”. Voeg
knoffel, kerriepoeier ,brandrissie, gemmer en lourierblare by. Roerbraai vir
sowat 3 minute. Voeg asyn en
appelkooskonfyt by, en bring tot kookpunt.
Laat vir 10 minute prut. Laat goed
afkoel en roer melk by. Plaas 3 suurlemoenblare in die marinade. Marineer die
wildsblokkies en varkspek en appelkose in die marinade, bedek met kleefplastiek
en plaas vir 2 dae in yskas. Ryg op stokkies en
rooster stadig oor matige kole.
·
Die word “sosaties” kom van die Maleisiese word
sesate en beteken “vleis op stokkies”.
Oorspronklik het die Moslem-gereg natuurlik g’n varkspek bevat nie, wel
skaapstertvet. Maar Suid Afrikaners
skroom nie om met tipiese overdaad soms tot 3 soorte vleis op dieselfde stokkie
te ryg nie!.
No comments:
Post a Comment