Jy moet weet waar jy jou skaapkop en pootjies vandaan
kry. Die oorsprong moet getrace kan word en jy moet daar vertroue in he. WANT ‘n afval MOET GOED en ordentlik skoongemaak en geskrap
wees. Anders kan die gereg met reg gewantrou
word. O ja, en die pens word in soutwater geweek en goed gewas en skoongeskrop.
Om die harsings in toe te draai.
·
Om afval skoon te maak is ‘n kuns wat verlore
kan gaan as die ouer mense wie se leefstyl
dit was, nie die vaardigheid
oordra aan ‘n jonger geslag nie.
Ordentlik skoongemaakte afval is skaars en ‘n delicatesse.
·
* Ek
verbaas my hoe neusoptrekkerig jonger mense is, maar tog demand hulle wat baie
van hulle nie verdien nie. Die nuwe interpretasie van menseregte word voorwaar
verdraai. As jy ‘n reg verdien, moet jy ook verantwoordelikheid aanvaar…maar
terug by die afval.
Resep: Vir vaal
afval, jy kan ook Kerrie afval maak indien jy dit verkies. Afval is,soos
beesstert, die lekkerste op die tweede dag….die oorskiet.
Week die skoongemaakte afval vir ‘n paar uur lank in ‘n
soutwateroplossing: 15 ml sout op 4.5 ml water.
Plaas die kop, harsings en pootjies in ‘n diep kastrol en
bedek met koue water. Voeg 3 eetlepels
bruin asyn, 1 klein ui waarin 5 kruienaeltjies gedruk is, 1 teelepel koljanderkorrels,
1 lourierblaar en ‘n paar pimentkorrels by.
Bind die smaakmiddels in ‘n moeseliendoeksakkie om na gaarmaak makliker
te verwyder of skep dit eenvoudig na
gaarmaak uit.
Kook lank en stadig, maklik vir 8 ure, vul die vloeistof aan
indien nodig. Voeg 2 of 3 aartappels, in
kwarte gesny, by. Ook sout en fyn wit
peper na smaak. Kook tot die aartappels sag en die sous lekker lank is.
Wanneer die afval gaar is, moet die vleis maklik van die
bene afval.