Kook en Kuier in die Karoo
Annatjie E-pos: annatjie.r@vodamail.co.za
Friday, 1 August 2014
Wednesday, 30 July 2014
Wildsosaties
Gebruik die binneboud spier van ‘n
wildsboud wat goed gejag en goed rypgemaak is.
Genoeg vir 15 sosaties
1.5 kg wildsvleis, in blokkies gesny
60 ml olie
2-3 uie, dun gesny
3 knoffeltone, gekneus
30 ml matige kerriepoeier
1 klein, heel brandrissie
1 stuk vars gemmer, fyn gekap
2 lourier –of suurlemoenblare
35o ml goeie bruin asyn
30 ml appelkooskonfyt
500 ml melk
250 g varkvet in 2.5 cm bloke gesny ,
opsioneel …L.w. dit is nie bacon nie. Of gebruik skaapstervet.
125g sagte, gedroogde appelkose. As jy dit gebruik, maak jy nie meer ‘n
sosatie nie, maar ‘n kebab.
Verhit die olie en soteer uie oor matige
hitte vir sowat 15 minute tot sag en deurskynend.* plaas die deksel op as die
uie “braai”. Voeg knoffel, kerriepoeier ,brandrissie, gemmer en lourierblare
by. Roerbraai vir sowat 3 minute. Voeg
asyn en appelkooskonfyt by, en bring tot kookpunt. Laat vir 10 minute prut. Laat goed afkoel en roer melk by. Plaas 3
suurlemoenblare in die marinade. Marineer die wildsblokkies en varkspek en
appelkose in die marinade, bedek met kleefplastiek en plaas vir 2 dae in yskas.
Ryg op stokkies en rooster stadig oor
matige kole.
·
Die word “sosaties” kom van die
Maleisiese word sesate en beteken “vleis op
stokkies”. Oorspronklik het die Moslem-gereg natuurlik g’n varkspek
bevat nie, wel skaapstertvet. Maar Suid
Afrikaners skroom nie om met tipiese overdaad soms tot 3 soorte vleis op
dieselfde stokkie te ryg nie!.
Monday, 28 July 2014
Thursday, 24 July 2014
Reviews
Sometimes after doing the course, we receive review e-mails, which we would like to share with you, especially because we have not blogged much of late. The facebook group is some what more active: https://www.facebook.com/Komkookenkuierindiekaroo?ref_type=bookmark
Thank you to those who e-mail these reviews.
Len Schoeman:
Thank you to those who e-mail these reviews.
Len Schoeman:
"Ek moet se
ek het dadelik welkom gevoel met die aankoms by julle op die plaas, so
ook het jy die regte groep mense saam met mekaar geplaas vir die kursus.
Ek glo dit
is baie moeilik maar jy het perfek daarin geslaag.
Wat die
kursus betref, jou praktiese oordrag van inligting is absoluut uit die boonste
rakke, ek het al baie aanbiedinge / kursusse bygewoon, en jy
staan uit.
Die kennis
oordrag van jou kant af kom baie duidelik deur, en is absoluut
verstaanbaar veral vir iemand soos ek wat nie elke dag in die
kombuis deurbring nie.
Die
belangrikste punt is dat jy absoluut jou detail kennis met ons deel
asook raad gee .
Jy is
doelgerig en baie profesioneel ,en jou persoonlikheid laat dit toe om sukses te
behaal.
Jou
vleisverwerkings kamer is baie goed ingerig.
Dit was die
beste en wonderlikste tyd wat ek nog beleef het wat vleis verwerking aan
betref.
Ek glo
almal sal saam met my stem wat teenwoordig was gedurende die tydperk op die
plaas.
My vrou het
aan die wildsvleis gesmul, jy was reg die eerste proe was
indrukwekkend en sy wil graag weer wildsvleis eet, as ek sukkel met
van die voorbereidings sal ek jou kontak vir hulp.
Nogmaals
baie dankie vir n wonderlike tyd op die plaas."
Hetsie Scheepers:
"
Liewe Kobus en Annatjie,
Ek wil net vir julle so baie dankie sê vir die
afgelope naweek wat ek in my herrinneringe sal stoor vir ewig. Dit was so
lekker om so tuis te voel, asof ek julle al lank ken. Dit was vir my net ‘n
verlenging van my eie huis. Behalwe alles wat ek geleer het, was dit vir my so
inspirerend om te sien alles wat jy by al jou dinge nog doen ook Annatjie. Ja
ek dink ons sal lank om ‘n vuur kan kuier. Ook jou en Kobus se verhouding het
my so aan my en Kobus sin laat dink. Daardie saam wees in ‘n ding al is dit net
jou eie ding. Dis die ondersteuning waarsonder mens niks lekker kan
aanpak nie.
Ek het
gister vinnig die bosbok wat in die koelkamer gehang het getakel met baie meer
selfvertroue. Dankie , dankie, dankie. "
Monday, 10 June 2013
Kokkedoor
6 Junie het my deelname aan die Kyknet Kokkedoor span se pret op kyknet verskyn
http://kyknet.dstv.com/2013/06/03/kokkedoor-6-junie-2013-2/
http://kyknet.dstv.com/2013/06/03/kokkedoor-6-junie-2013-2/
Monday, 27 May 2013
Soetpatats met brandewyn
Bestanddele:
450g Patats
2el Heuning
Koppie Brandewyn
... 3el Bruinsuiker
5el Broodkrummels
Gerasperde Lemoenskil
Botter
Knypie sout
So Gemaak:
1. Kook patats in sout water vir 15 min. Sny in skywe en plaas in gesmeerde oondpan.
2. Meng heuning met koppie brandewyn en giet oor patats.
3. Meng bruinsuiker, broodkrummels en lemoenskil saam , strooi dan bo-oor patats
4. Sit klontjies botter op en bak in matige oond tot goudbruin.
@*boerekos.com*
foto:www.jemangelaville.com
Subscribe to:
Posts (Atom)